Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bfn lewer kampioene op

Vier Bloemfonteinse swemmers van die Mangaung-mense­reddingsklub wat aan die Suid-Afrikaanse Menseredding-klubkampioenskapsbyeenkoms deelgeneem het, is as Suid-Afrikaanse kampioene gekroon.

Dié byeenkoms het van 25 tot 27 Maart in Port Elizabeth plaasgevind.

Sulinke van den Bergh (Hoër Meisieskool Oranje), Len-Douglas MacKay (Hoërskool Jim Fouché), Chloe le Roux en Miché Johns (albei van Oranje) het die victrix en victor ludorum-trofeë ontvang.

Die tjokkers (“nippers”, sewe tot 13 jaar) het eerste in die see-afdeling deelgeneem, terwyl deelnemers in die junior en senior afdelings dit in die swembad uitgespook het.

Chloe is as die o.15-meisieswemkampioen gekroon en Sulinke as die o.17-meisieskampioen. Len-Douglas is as die o.15-seunskampioen gekroon.

Miché het in die o.13-meisiesafdeling in die swembad gewen en is as Suid-Afrikaanse kampioen in haar afdeling gekroon.

In die eindronde het Len­Douglas en Lyon van Wyk medaljes ontvang en Chloe, Gilma Lausberg en Sulinke het goed gevaar. Donna le Roux, Kylie-Peace Armour, Miché en Gehan Nel het medaljes ontvang.

Die Bloemfonteiners het nie goed in die see-afdeling gevaar nie, maar Sulinke, wat verlede jaar aan die wêreld­kampioen­skapsbyeenkoms in Australië deelgeneem het, het goed gedoen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.