Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bfn se lughawe mik na nuwe hoogtes

Opgraderings van bykans ’n R100 miljoen aan die Bram Fischer- Internasionale Lughawe, waaronder die opgradering van die lughawe-gebou, die brandbestrydingsdiens en omheining, sowel as ’n sonkragstelsel wat binnekort voltooi sal wees, is van die talle verbeterings wat op gebruikers van dié Bloemfonteinse lughawe wag.

Die grootste opgraderings wat aangebring sal word, word vir die lughawegebou beplan.

Esmaralda Barnes, bestuurder van die lughawe, sê die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) is in sy laaste beplanningsfase betreffende die verbeterings, en die tenderproses hiervoor sal teen die einde van dié finansiële jaar (April/Mei 2019) begin, met bouwerk wat daarop volg.

“Volgens beplanning sal die projek teen die einde van 2019 voltooi wees. ’n Groot deel van die opgradering sluit die uitbreiding van die vertreklokaal in. Die begroting vir hierdie projek beloop R75 miljoen.”

Sy sê die sonkragprojek wat in 2018 begin is, behoort teen die einde van Desember vanjaar voltooi wees. Die fotovoltaïese sonkragstelsel sal na verwagting 750 kWh opvang en berg. Barnes sê die lughawe sal voortaan tot 70% energie per maand kan bespaar, danksy die stelsel.

Die lughawe se energie-doeltreffende bestuur strek ook wyer en sluit die vervanging van ligte met energiebesparende gloeilampe of LED’s op aanloopbane in, asook vir die beligting van buite-sekuriteit en parkeerterreine.

Verdere verbeterings sluit die vervanging van die transformator in. Dit is deel van ’n deurlopende verbeteringsprojek waar die verouderde bates wat hul lewensduur oorskry het, vervang word.

Die opgradering van die lughawe se redding- en brandbestryding­simulator (ARFF) is bykans 80% voltooi. Die lughawe sal ook sy ondergrondse waterpype vervang wat deur die jare verweer het. Die sekondêre draagbare toevoerlyn van die munisipaliteit sal tydens die proses as rugsteun gebruik word.

Nog ’n vliegtuigparkeerplek (om meer vliegtuie te kan hanteer) word gebou.

’n Perseel vir ’n projek, wat sowat R6 miljoen sal beloop en die verskuiwing van huurmotordepots behels, is ook reeds toegewys.

’n Moderne reservoirstelsel is reeds in 2017 deur Acsa aangelê om seker te maak dat die lughawe in droogtetye water het.

Barnes sê al die beplande verbeteringe kom as deel van Acsa se groter omgewingsverantwoordelikheid en om ’n beter reiservaring vir sy sowat 380 000 passasiers wat jaarliks die lughawe gebruik, te bied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.