Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bfn-swemmer laat nasionale rekord spat

Bloemfonteinse swemmers het uitgeblink op die Suid-Afrikaanse swemkampioenskapsbyeenkoms wat van 23 tot 28 April in Port Elizabeth plaasgevind het.

Gawie Nortjé (16) van die Bloemfontein Otters-klub het ’n nuwe nasionale rekord in die 100 m-vryslag in ’n tyd van 50.81 opgestel. Verder het hy ook ’n goue medalje in die 50 m-vryslag behaal, en daarmee ’n o.16-rekord verbeter en gekwalifiseer om aan die Junior Olimpiese Spele deel te neem.

In die S10-afdeling vir multi-gestremdhede het Johann van Heerden uitgeblink met goue medaljes in die 50 m- en 100 m-borsslag. Hy het ook silwer in die 100 m-vlinderslag en 200 m- individuele wisselslag behaal, en brons in die 100 m-vryslag, 50 m-vlinderslag en 50 m-vryslag.

Sulinke van der Berg (16) van die Super Seals-klub het in die jeugafdeling ’n silwermedalje in die 400 m- individuele wisselslag behaal, en brons in die 200 m- individuele wisselslag, 200 m-vryslag en 200 m-rugslag.

Tailyn Seyffert (15) van die Bloemfontein Otters-klub het in die elite jeugafdeling ’n bronsmedalje in die 200 m-borsslag behaal.

Die 13-jarige Luchelle Oosthuizen van dieselfde klub het in die jeugafdeling ’n silwermedalje in die 200 m-vlinderslag behaal.

Johann, ’n student aan die Universiteit van die Vrystaat, mik om vir die 2020 Paralimpiese Spele te kwalifiseer. Hy het reeds vir die 2018 Pan Pacific Para Swimming-kampioenskapsbyeenkoms gekwalifiseer wat van 9 tot 13 Augustus in Australië aangebied word.

Die spanne vir die Junior Olimpiese Spele en die Pan Pacific-kampioenskap moet nog aangekondig word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.