Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bfn-taalvrou wen kompetisie
Alet Enslin, Francois Meyer
Alet Enslin en Francois Meyer.

’n Bloemfonteinse taalversorger is vanjaar die wenner in Ink Skryf in Afrikaans se Pendoring-digters-kompetisie.

Francois Meyer, ’n digter van Bloemfontein wat verlede jaar op Ink Skryf in Afrikaans se eerbewysgeselligheid ’n eerste plek vir ’n rubriek en ’n tweede plek as digter van die jaar behaal het, het die digkompetisie saam met dié organisasie aangebied.

Die wenners is op ’n glans­geselligheid op 10 November in Pretoria aangekondig.

Meyer het verlede jaar so ’n digkompetisie aangebied, maar dit vanjaar die eerste keer saam met Ink Skryf in Afrikaans gedoen. Dit het daartoe gelei dat die kompetisie inskrywings van oor die land heen getrek het.

Die wenner is Alet Enslin, terwyl nog twee Bloemfonteiners, Ryno Rossouw (vierde) en Nadia Nagel (vyfde), ook plekke behaal het.

Meyer het 15 van die digters wat aan die kompetisie deelgeneem het, se gedigte in die bundel Pendoring Digters Deel 2 opgeneem.

Die kompetisie het van 6 Julie tot 24 Augustus gestrek en deelnemers het weekliks opdragte op www.ink.org.co.za gekry. Kriteria en vereistes was saam met elke opdrag beskikbaar.

Enslin sê die kompetisie het vir haar ongelooflik baie beteken.

Sy skryf al haar lewe lank gedigte en meen dit is ’n manier om moeilike tye in haar lewe te verwerk. Sy was voorheen ’n onder­wyser en het ’n absolute passie daarvoor gehad om ’n liefde vir Afrikaans by nie-moedertaalsprekers te kweek.

Die afgelope vyf jaar bly sy in Bloemfontein en werk as ’n taal­versorger by die onderwysdepartement.

Sy glo dit is nou die regte tyd om haar gedigte, wat altyd vir haar baie privaat was, te publiseer. Vir die kompetisie het sy nuwe gedigte geskryf, waarvan vyf in die bundel ingesluit is.

Sy sê danksy Meyer se onder­steuning en aanmoediging werk sy nou daaraan om vroeg volgende jaar haar eerste digbundel te publiseer.

Meyer sê vir hom is die wen-element in Alet se werk dat dit jou boei, en wanneer jy dit klaar gelees het, voel jy “wow, dit was nou goed”. Hy noem haar werk fyn­besnaarde digkuns.

Enslin sê sy skryf om emosies uit haar siel los te kry. Aan sommige gedigte werk sy jare en ander gebeur binne so min soos vyf minute.

  • Kontak Enslin by enslinalet@­yahoo.com om een van die dig­bundels te bestel.
  • Drie Bloemnuuslesers staan ook die kans om elk die bundel te wen deur die inskrywing op Bloemnuusse Facebook-blad te “like”.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.