Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bfn word stil-stil 175
Hooffoto: Hoffmanplein in die 1930’s. Bo: ’n Voorstelling van hoe Hoffmanplein in Bloemfontein sal lyk nadat dit vernuwe is. Dit gaan die Charlotte Maxeke-park word. Maxeke (1871-1939) was ’n Suid-Afrikaanse godsdiensleier en ’n maatskaplike en politieke aktivis. Sy is die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou wat ’n graad verwerf het, deur haar BSc-graad in 1901 aan die Wilberforce-Universiteit in Ohio, Amerika, te voltooi.Foto: Verskaf

Hoffmanplein is een van die plekke wat ’n nuwe naam gaan kry. Dit te midde van Bloemfontein wat vanjaar so stil-stil sy 175 bestaansjaar vier en steeds met sy oorspronklike naam spog.

Die verandering van die naam Hoffmanplein na Charlotte Ma­xeke-park, asook Brandfort wat na Winnie Madikizela-Mandela genoem gaan word, is op 30 Maart deur Limakatso Mahasa, LUR vir sport, kuns, kultuur en rekreasie, in haar departement se begrotingsrede aangekondig. Die geleentheid is in Koppies gehou.

Majoor Henry Warden

Die naam Bloemfontein het sy oorsprong in die begindae van die stad.

Dr. Marianna Botes, museum­wetenskaplike in die departement geskiedenis aan die Nasionale Museum, sê die presiese datum waarop die destydse dorp ontstaan het, kan op iewers tussen 26 Maart en 2 April 1846 geskat word.

Maj. Henry Warden se Cape Mounted Riflemen het op 26 Maart in die omgewing aangekom en hy kort daarna. Op 2 April het Warden ’n brief aan die Kaapse goewerneur geskryf uit “Bloem Fontein”.

Warden het die plaas by Johan Nicolaas Brits gekoop.

In sy boek Spikkels en Spatsels uit Bloemfontein se verledeskryf Hannes Haasbroek dat Brits se broer, Rudolph Martinus, die eerste wit nedersetter was nadat hy die plaas vermoedelik op pag van die Griekwa Mauritz Pretorius bekom het, wat volgens oorlewering die eerste sooi hier gespit het.

Haasbroek skryf dit wil voorkom of Pretorius die plaas die naam Bloemfontein gegee het en dat Warden die naam behou het toe hy die militêre pos hier naby die fontein gestig het.

Dié blik op Bloemfontein met Zastronstraat voor en Pres. Brandstraat wat voor die vierde raadsaal verbyloop, is omstreeks 1893 afgeneem.

Derek de Bruyn, museum­wetenskaplike in die departement geskiedenis aan die Nasionale Museum, sê Bloemfontein is sedert omstreeks 1800 deur die Sotho’s Mangaung genoem – “plek van die groot katte”, wat na die jagluiperds verwys wat oral in die Vrystaat aangetref kon word.

Die fontein, wat later jare met ’n kolom in die Bloemspruit gemerk is, was sedert die 1800’s die bymekaarkomplek vir nomadiese jagters.

Die algemeenste verklarings vir die naam Bloemfontein berus op die blomme wat om die fontein gegroei het, of die blomme in Hannetjie Brits se tuin wat met die fonteinwater natgelei is.

Nog ’n teorie oor waar die naam vandaan kom, is dat die Brits-familie ’n os met die naam Blom of Bloem gehad het, wat deur ’n leeu by die fontein doodgemaak is.

Ander sê die fontein is na die Koranna-hoofman Jan Bloem genoem, maar Bloem se fontein is in werklikheid in die Barkly-Wes-distrik.

Hoffmanplein in die 1930’s. Die plein is genoem na Josias Philippus Hoffman, wat die eerste president van die Oranje-Vrystaat was. Foto: Nasionale Museum

Warden het sy gesin by hom gehad en benewens die Residensie en militêre geboue het daar ook ’n paar private huise langs die loop van die watervoor ontstaan, skryf Karel Schoeman in sy boek Bloemfontein – die ontstaan van ’n stad 1846 tot 1946.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.