Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Blitstye op fietstoer opgestel

Danksy windstil-toestande en ’n redelik maklike roete, het fietsryers in die Vrystaat-fietstoer vanjaar vinnige wentye opgestel.

Daar is vanjaar ook twee Bloemfonteiners onder die topdrie in onderskeidelik die mans- en vroue-afdeling.

Liandri van Niekerk van die Pedal Power Association wat die Vrystaat-fietstoer Sondag (03/11) aangebied het, sê hulle is baie tevrede met vanjaar se wedren.

“Ons het goeie terugvoer van die fietsryers gekry oor die roete, organisering en die atmosfeer.”

Bloemnuus, mediaborg van die Vrystaat-fietstoer, het vanjaar weer ’n waterpunt op die roete by Glen beman.

Volgens die organiseerders het daar vanjaar 715 fietsryers vir onderskeidelik die 105 km en die korter 37 km ingeskryf.

Bradley Gouveris van Port Elizabeth het die mansafdeling gewen in ’n tyd van 2:25:46 (teenoor verlede jaar se wentyd van 2:46:30). Tweede oor die wenstreep was Warick Minkley van Oos-Londen (2:25:49) en derde was Bloemfonteiner Jean Fourie (2:25:53). By die Bloemnuus-waterpunt was Jean Fourie net-net voor die ander ryers.

In die vroue-afdeling het die Hoërskool Sentraal se fietsry-ster Chanté Olivier saam met die wenner, Juanita Mackenzie van Port Elizabeth, in dieselfde bondel geëindig met ’n tyd van 2:28:59. Derde was Nicolene Marais van Potchefstroom (2:30:01).

Die grootste deel van vanjaar se roete was op die N1-snelweg noord en suid van die stad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.