Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bloemwater moet dalk eersdaags sluit

Weens wanbetaling van onder meer die Mangaung-metro aan Bloem­water, kan dié waterverskaffer moontlik gedwing word om binne die volgende ses weke sy werksaamhede te staak.

Rossouw Botes, DA-raadslid, sê dit kan katastrofiese gevolge vir miljoene inwoners in en om Bloemfontein hê.

“Die metro het vanjaar nog net twee betalings aan Bloemwater gedoen – R60 miljoen in April en R15 miljoen aan die begin van Junie.”

Botes sê die metro se skuld aan Bloemwater het van R754 miljoen op 10 Januarie na R1,014 miljard toegeneem.

“Dit is duidelik dat die metro, ten spyte van die bystand van adv. Mzwakhe Mofokeng, administrateur, volhou met die versuim om Bloemwater te betaal.”

Die DA het ’n mosie by die administrasiespan van die metroraad ingedien dat die metro gelas word om agterstallige skuld te vereffen en sy inkomste uit die verkoop van water opsy te sit en dit maandeliks aan Bloemwater te betaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.