Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Blokke’ bou kuns uit

Die New Breed-kunskompetisie kry vanjaar ’n opwindende nuwe toevoeging om nog geleenthede aan ontluikende kunstenaars te bied.

Vanjaar se aanbieding van dié kompetisie van Phatshoane Henney-prokureurs is op Woensdag 3 April op ’n geselligheid by Oliewenhuis bekend gestel.

Kunstenaars het van nou tot September tyd om hul kunswerke gereed te kry om vir dié plaaslike kompetisie in te skryf.

Altesaam R100 000 se geld­pryse is op die spel, met die wenner wat R50 000 sal ontvang. Die naaswenner ontvang R20 000 en R10 000 word aan elkeen van die twee meriete-wenners gegee. Die openbarekeuse-wenner sal R10 000-prysgeld ontvang.

’n Projek genaamd New Breed Art Blocks word vanjaar deel gemaak van die Vrystaat Kunstefees, wat van 1 tot 7 Julie gehou word. Vorige wenners en top­kunstenaars in die kompetisie gaan op die Vrystaat Kunstefees se vrynge oorspronklike kuns op 150 blokke uitstal.

“Die publiek sal ook die geleentheid hê om van die blok-kuns te koop en hiermee plaaslike kuns­talent te ondersteun,” het Magdel Louw, kompetisiekoördineerder, oor die uitstalling gesê.

Ná die fees sal die oorblywende blokke op www.newbreedart.co.za te koop aangebied word.

Die helfte van die wins uit die verkope van die blokke gaan aan die kunstenaars, terwyl die ander helfte in die New Breed-kuns­kompetisie teruggeploeg word.

Meer inligting oor die kompetisie is op bogenoemde webwerf beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.