Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Blokraai lok skares op fees

ILSE VAN HEMERT van Pretoria is op die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein as die heel eerste nasionale blokraaikampioen gekroon nadat sy eerste in die RSG-blokraaitoernooi geëindig het.

Van Hemert het met ’n totaal van 9 000 punte in die eindstryd haar twee teenstanders, Jo Hiemstra van Bloemfontein en Willie Pretorius van Pretoria, uitgestof om die gesogte titel te verower.

Die RSG-blokraaitoernooi is vanjaar die heel eerste keer in samewerking met die blokraaigroep XWord en die departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) aangebied.

Van Hemert, wat as dogtertjie saam met haar ma blokraaisels begin invul het, het verskeie uitdunrondes beleef om haar plek in die finale kompetisie te verseker. Sy het ’n verskeidenheid pryse ter waarde van nagenoeg R15 000 gewen.

Die RSG-blokraaitoernooi in Bloemfontein het wye belangstelling gelok en is deur deelnemers, onder wie verskeie jong mense, van so ver soos Kaapstad, George en selfs Namibië bygewoon. Deelnemers kon aan drie uitdunrondes deelneem waartydens hul spoed en kennis met die invul van ’n uiteenlopende reeks raaisels getoets is.

Nege deelnemers het uiteindelik die halfeindronde gehaal, waarna die drie finaliste aangewys is.

In die eindronde moes die finaliste elk ’n reuse-raaisel op ’n staander voor in die saal invul terwyl die toeskouers alles kon dophou.

Die hoof van die departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die UV, prof. Angelique van Niekerk, het gesê dat die belangstelling in die toernooi almal se stoutste verwagtinge oortref het. Sy het haar departement se voortgesette betrokkenheid by hierdie projek bevestig. “Ons is daarvan oortuig dat die RSG-blokraaitoernooi van krag tot krag sal gaan,” het sy gesê, “en ons sal graag wil sien dat dit ’n jaarlikse hoogtepunt op die kalender van die Vrystaat Kunstefees word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.