Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Blufspel met waarheid

Niemand weet mooi hoe om dié boek te beskryf of wie die boek dan nou eintlik geskryf het nie . . .

Charl-Pierre Naudé, ’n student wat die MA-kursus in kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans gevolg het, se roman Die Ongelooflike Onskuld van Dirkie Verwey is Donderdag (31/01) op die kampus bekend gestel.

Sy studieleier en dosent by die departement, Francois Smith, was die gespreksleier. Francois sê as hy moet probeer, sal hy die roman as ’n soort historiese toekomsfiksie moet beskryf.

Charl-Pierre sê die boek is deur Hermanus Verdomp geskryf en ’n soort blufspel word die heeltyd gehandhaaf oor wie die skrywer nou eintlik is.

“Dit is ’n blufspel met ’n waarheids-snykant,” beskryf hy.

“Hiermee word die waarheidsgevoel behoorlik op die spits gedryf.”

Charl-Pierre is ’n bekroonde digter met talle digbundels wat al uit sy pen verskyn het. Hy sê egter hy is baie dankbaar dat hy die kursus by UV gevolg het omdat dit hom gehelp het om aan die roman die regte kombinasie van digtheid en samehang te gee.

Hy vertel tydens die gesprek in die foyer van die Eeufeeskompleks dat hy al in 1985 ’n eerste weergawe van Die Ongelooflike Onskuld van Dirkie Verwey geskryf het onder dieselfde titel en met sommige van die karakters. Hy sê egter as hy dit nou lees, is dit vir hom opvallend betekenisloos.

Deur die jare het hy bly notas maak, veral oor die verbeeldingswêreld en hoe dit gelyk aan die fisiese wêreld staan. Dit is juis baie van hierdie notas wat uiteindelik die grondslag van hierdie roman gevorm het.

Charl-Pierre sê hy kry sy idees van ’n droomwêreld; uit die filosofie en kwantumfisika.

Hy vertel hy het die roman as ’n digter benader en maak gebruik van baie beelde en metafore om gebeure en dinge te beskryf.

Elke hoofstuk se naam is volgens hom “vreesloos poëties”.

Prosa en poësie is vir hom ewe moeilik.

“Ek glo daarin om die moeilikheidsgraad jou vriend te maak.”

Hy sê die moeilikste ding van skryf is betekenismaking en om toe te laat dat “jou erfenis binne jou sing.”

Francois beskryf Charl-Pierre as ’n denker wat telkens verstom.

  • Die beste manier om meer te wete te kom, is om self Die Ongelooflike Onskuld van Dirkie Verwey te lees en saam te praat. Een Bloemnuus-leser staan die kans om ’n kopie van die roman te wen. Om in te skryf, besoek Bloemnuus se Facebook-blad vandag.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.