Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boek met prys bekroon

Die Bloemfonteiner Annerle Barnard is Donderdag (31/10) met ’n silwerprys vereer in die Afrikaanse kategorie van die Sanlam-pryse vir jeuglektuur vir haar boek Sindikaat. Die pryse is in Johannesburg oorhandig.

Derick van der Walt was die goue wenner met sy boek Toring van Jasmyn. Dit is Van der Walt se tweede goue prys in dié eerbewyse wat tweejaarliks aan nuwe manuskripte vir tienerlesers en jong volwassenes van 12 tot 18 jaar oud toegeken word.

Twee wenners (goud en silwer) word in elk van die drie kategorieë – Afrikaans, Engels en Afrika-tale (Nguni en Sotho, Tshivenda en Xitsonga) – aangewys. Die gesamentlike prysgeld is R90 000.

Barnard het ’n koerantberig oor ’n Chinese mafia gelees wat tot haar boek aanleiding gegee het. “Die onderwerp het tot my gespreek,” sê Barnard.

“Dit is betreklik moeilik om vir die jeug te skryf, want jy kan hulle nie flous nie. Lesers van 15 en 16 lees ook al volwasse romans. Ek het gereken dit is ’n interessante onderwerp om te verken.”

In Sindikaat word Paul (16) die teiken van die Chinese mafia wanneer hy ’n sindikaat ontdek wat bedreigde seeperdjies na die Ooste smokkel. Vir sy veiligheid stuur sy pa hom en twee vriende met vakansie na Zambië en Zimbabwe, maar die bende is agter hulle aan.

  • “Ek is baie, baie dankbaar om ’n silwerprys vir my tweede boek te kry. Dit is moeilik om die skryfwêreld te betree en ek is betreklik nuut in die bedryf.” Inskrywings (voor 1 Junie 2020) word nou ingewag vir die 2021-Sanlampryse vir jeuglektuur. Kry vorms by www.nb.co.za.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.