Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boek ’n grommende sukses

Een van Bloemfontein se bekendste kinderboekskrywers, Jaco Jacobs, het pas die Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur vir sy boek Grom ontvang.

Die Akademie vir Wetenskap en Kuns het die aankondiging van die prys, wat net elke drie jaar toegeken word, Vrydag (13/04) gemaak.

Dit word toegeken aan die beste werk wat in Afrikaans in die afgelope drie jaar in die genre van kleuterliteratuur gelewer is.

Jaco en kunstenaar Karen Lilje, wat die illustrasies vir Grom gedoen het, is verlede jaar ook met ’n ATKV-Woordveertjie vir dié boek vereer. Dié prys is deur kinderlesers aan hulle toegeken.

Jaco, die pa van Mia (6) en Emma (3), sê die boek handel oor iets wat gereeld in hul huis gebeur – ’n meisie wat nie lus is om op te staan nie. Die karakter se naam is Emma, maar Jaco sê sy is nie werklik die karakter in die boek nie; hy wou net graag haar naam in een van sy boeke gebruik.

Die storie handel oor ’n meisie wat nie daarvan hou om op te staan nie. Sy grom vir haar ouers wat haar wakker maak. Een oggend toe sy in die spieël kyk, het sy snorbaarde en kolle oral op haar lyf.

Jaco, wat reeds talle kinderboeke – van kleuterboeke tot boeke vir tieners – op sy kerfstok het, sê kleuterboeke is vir hom waarskynlik die moeilikste om te skryf.

“Dit is moeilik om ’n hele storie in net 700 tot 2 000 woorde te skryf. Dikwels moet ek ’n kleuterboek tot soveel as 15 keer oorskryf voordat dit werk.”

  • Hy sê die illustreerder maak ’n reuse-bydra. Jaco sê hy toets soms sy kleuterboeke deur dit aan sy dogters voor te lees en hulle het dikwels kritiek of voorstelle. Hy het reeds 24 ATKV-kinderboekeerbewyse vir sy werk ontvang. Hou Bloemnuus se Facebook-blad dop vir twee van Jaco Jacobs se boeke wat lesers kan wen.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.