Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boekgesprek werp lig op storie oor ma se boodskap van hoop

’n Boekgesprek oorMia: ’n Ma se storie van verlies en hoop word Woensdag (15/07) op Facebook gevoer.

Bloemnuushet op 4 Junie berig oor Mariska Robberts se boek, Mia: ’n Ma se storie van verlies en hoop.

Lesers het Woensdag (15/07) die kans om gratis na ’n gesprek op Facebook te luister van Lientjie Mentz, redakteur van Bloemnuus, met Robberts en Colette du Plessis, wat die boek help skryf het.

Robberts vertel in die boek, wat vroeg Junie in e-formaat verskyn het en nou op winkelrakke beskikbaar is, die storie van haar dogtertjie wat sewe jaar gelede in ’n motorongeluk dood is en haar soeke na vertroosting. Robberts en Du Plessis sal praat oor hoe hulle saamgewerk het om die storie te vertel.

Die boek is by Exclusive Books, Bargain Books en op bestelling by CUM-boeke beskikbaar en as e-boek by Takealot, Snapplify, Kobo en Amazon.

Volg die gesprek om 18:00 op Bloemnuusse Facebook-blad. Lesers wat hierna kyk, kan ’n eksemplaar wen. Like dié inskrywing sodra jy daarop inskakel om aan die kompetisie deel te neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.