Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Braille bewaar

Die bibliotekaresse van die skool vir blindes in Christiana het ’n hele versameling Afrikaanse Braille-boeke, wat uit dié skool se biblioteek kom, vir bewaring geskenk.

Op ’n geselligheid wat Woensdag 29 Mei by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) aangebied is, het Katie du Plooy die versameling aan Wyno Simes, kurator van Naln, oorhandig.

Volgens Du Plooy het die skool in Christiana sedert sy stigting in 2008 talle skenkings van Braille-boeke ontvang.

Ongeveer die helfte van die skenkings was Afrikaanse kinderboeke en Afrikaanse Bybel-boeke. Omdat die meeste van die kinders net Tswana of Engels lees, het die Afrikaanse boeke in onbruik verval.

Sy wou dit egter laat bewaar, en het besluit om die boeke aan Naln te skenk. en sy wou dit graag laat bewaar – daarom die skenking aan Naln.

Simes sê hulle is baie dankbaar vir dié unieke skenking.

Dit sluit storieboeke van onder meer Tarzan en Mikro tot Fritz Deelman-verhale in. Daar is ook gedeeltes van die Bybel in Afrikaans.

Du Plooy is self ’n ywerige versamelaar van boeke en sê sy het ’n private versameling van ongeveer 14 000 boeke. Daarvan is ongeveer 5 000 Afrikaanse en 3 000 Engelstalige fiksieboeke.

Sy sê sy is bly die Braille-versameling is nou in die hande van mense wat bewaring op die hart dra.

  • Die Rendezvous-klub van die Vereniging vir Blindes Vrystaat het Naln op dieselfde dag besoek. Marianne Koorts het op die geselligheid gesels oor haar herinneringe van die konsentrasiekamp in Indonesië gedurende die Tweede Wêreldoorlog.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.