Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
brei verder uit

Volksblad se eerste Kos-en-kuiermark vir die jaar bied Vrydag (14/02) op Valentynsdag ’n saam­kuiergeleentheid.

Dit begin om 17:00 by Be Human op die plaas Middel­water buite die stad.

Dié gewilde mark brei vanjaar verder uit, met vier aandmarkte en drie oggendmarkte wat beplan word. Datums waarop die markte gehou sal word, is op die mark se Facebook-blad beskikbaar.

Be Human is sowat 15 minute buite Bloemfontein op die R30 by Glen, sowat ’n kilometer voor die Brandfort-tolhek.

By die Be Human-deli, wat ook gedurende die markte oop is, word allerlei vars en gebottelde plaas­produkte te koop aangebied, terwyl Bloemfontein Coffee Roasting Co. varsgeroosterde spesialiteitskoffie bedien.

Wyn van ’n goeie gehalte is ook beskikbaar. Van die beste gehalte wyne is ook hier te koop.

Stalletjies met ’n verskeidenheid kos en lekkernye bied ’n smaaklike oplossing vir diegene wat nie op ’n Vrydagaand wil kook nie.

Gereelde stalletjies sluit in Mooivlakte Halloumi, Die Pannekoekman, Paprika, Wenmark Biltong, Portuguese Delights en Meet4meat.

Bob’s Gourmet Milkshake Bar sal ook melkskommels bied.

Volgens Marie-Louise Smith, organiseerder van dié mark, sal heelwat nuwe uitstallers – soos Thyme & Blonde, wat in koeke en ander tuisnywerheidprodukte spesialiseer – op Vrydag se mark wees. Daar sal ook klere- en kuns­stalletjies wees vir diegene wat geskenke of dekorartikels wil aanskaf.

Die kunstenaars Duvan van Vuuren, Leevona Pitout (Bekkie) en Danielle Ceroni sal vermaak verskaf.

’n Kroeg en plaaslike produkte soos jenewer, bier, rum en brandewyn sal by die Famous Brew & Still-stalletjie beskikbaar wees.

Wat vermaak vir kinders betref, sal alles van ’n trampolien tot vierwielaangedrewe motorfietse keuses bied. Boonop kan hulle diere by met ’n baan waar hulle kan ry en’n plaas­hotel voer.

Kinders word aangemoedig om hul eie fietse en skopfietse saam te neem.

Nog iets om na uit te sien, is ’n kosdemonstrasie deur Be Human se sjef Leon Bester. Hy sal wys hoe om gedroogte, beleë biefstuk volgens die Himalaja-soutblok­metode gaar te maak.

Dié demonstrasie word moontlik gemaak deur The Salt Block & Deli in Pres. Reitzlaan, wat ook die produkverskaffer van die Be Human-deli is.

Toegang tot die mark kos R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Kinders korter as 1 m kry gratis toegang.

OTM-geriewe sal nie beskikbaar wees nie.

Om meer uit te vind of ’n stalletjie te bespreek, stuur ’n e-pos na ml@zigzagcreations.co.za of bel Smith by 083-287-8845.

  • Besoek dieKos-en-kuier­mark se Facebook-blad vir meer inligting.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.