Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Briewe bring weer hoop
Magrita de Wet met haar fiets en afleweringsak waarmee sy briewe aan inwoners aflewer.

Die emosionele impak op die inperkingstyd is swaar vir bejaardes in aftreeoorde en personeel maak allerlei kreatiewe planne om inwoners se gemoedere te lig.

Magrita de Wet, leefstylkonsultant vir die Fichardtpark-aftreeoord, sê ’n personeellid Marieta Nel het met die idee vorendag gekom om families aan te moedig om vir inwoners e-posse te skryf.

“Ons druk die e-posse uit en lewer dit dan soos in die ou tyd met die hand by die inwoners af,” sê Nel.

“Dit sommer op ’n rooi fiets.”

Daar is ongeveer 60 inwoners in die hoofgebou en 80 in die onafhanklike woonstelle by die oord.

“Talle familielede het sedert verlede week gebruik gemaak van dié projek en ons het teen Donderdag (23/07) al meer as 30 briewe ontvang en uitgedeel.

Martie Inglis met ’n brief wat sy via e-pos ontvang het.Foto’s: Verskaf

“Wat lekker is, is dat ons ook op hierdie manier daagliks met van ons inwoners kontak maak en na hul welstand kan verneem.”

Die tema vir die projek is “You’ve got mail”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.