Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Musiek bring hoop
Stef Kruger

Om in ’n onseker tyd ’n gevoel van hoop te kweek is Petronel Baard, kabaretsanger, se oogmerk.

Die volgende keer wanneer jy op jou rusbank neerplons en moedeloos wonder oor die onseker toekoms van die wêreld, doen jouself ’n guns en luister na se enkelsnit, “Life is Good”.

Hierdie met ’n stem van fluweel en haar melankoliese, sielvolle aanslag, sal jou met heimwee laat hunker na nog, en jou vol hoop laat.

Dit is dan ook presies waaroor Petronel Baard en Vriende se virtuele konsert gaan – ’n boodskap van hoop.

’n Diverse groep musikante, Baard se vriende en mede-kunstenaars, het ingestem om ’n konsert aanmekaar te sit sodat belangstellendes in die gemak van hul eie huis na elkeen se snitte kan luister.

Dié virtuele konsert vind Sy en haar musikant-vriende en mede-kunstenaars gaan Sondag (31/05) plaas.

Volgens Baard is sy begeester deur soortgelyke Sondagaand-kuiers oor die kuberruimte deur Lang Vrou Produksies en kie.

In dié konsert sal elke kunstenaar se tuisopname in een verbeeldingryke vertoning saamgevleg word. tuis elkeen hul tuisvideo-opnames gaan saamflans en uitsaai in ’n verbeeldingsryke, virtuele vertoning.

Baard praat met lof oor die talent wat Sondag saam met haar “konsert gaan hou”.

Musiek deur onder andere sanger Jannie du Toit, saksofoonspeler McCoy Mrubata wat op haar eerste album, 20 jaar gelede gespeel het en Godfrey Johnson van Evita se Perron kan verwag word.

wat sy sedert 2001, tydens haar tweede album Déjà vu, se lewendige opname, ken. Die suiwer stem van Luna Paige, jarelange vriendeRiku en Jackie Lätti, die talentvolle Jean Tunes Marais, van Tunes Studio Stellenbosch wat iets baie spesiaal doen, die skrywer en kunstenaar, Riana Scheepers en Philippe Kangi word ook betrek.

Ander bekendes soos die pianis Ben Schoeman, liedjiereus Stef Kruger, Gavin Jay en haar musiekvriende van Soetmelk, Schalk Maas en Altan Ungerer, sal ook tot die verrigtinge bydra.

Baard het ’n stukkie geskiedenis, jare se vriendskap en ’n storie saam met elkeen van dié kunstenaars, en sy is opgewonde oor die geleentheid.

“Dit gaan wonderlik wees,” sê sy in ’n nuusverklaring.

Navrae oor die bespreking en betaling kan met die verwysing “Petronel & Friends” na petronel.baard­@­gmail.com gestuur word.

Kaartjies kan ook op Quicket bespreek word. Onthou om eers aan te teken en dan kan jy van die verskeie opsies kies om betaling te doen) Altesaam 14 kaartjies vir die vertoning kan ook gewen word.

Besoek Petronel Baard se Facebook-blad vir meer inligting, of stuur ’n e-pos na petronel.baard@­gmail.com.

webwerf/Facebook/waar ookal stuur waar hulle daardie inligting oor kompetisiedeelname kan kry.

Noem hulle kan kaartjies wen, en stuur hulle elders.

Cordis Trust het 14 kaartjies om weg te gee. Al wat jy hoef te doen, is om die volgende vraag te beantwoord: Wie het kaartjies geborg vir die vertoning van Petronel & Vriende, ’n boodskap van hoop?

Die eerste agt mense wat die korrekte antwoord na Petronel se “inbox” op Facebook of stuur, sal die kaartjies wen

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.