Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Brokkies lewe in debuutbundel

Die bekroonde joernalis, redakteur van Courant in Oudsthoorn en wenner van talle pryse in die Bloemfontein Skrywersvereniging (BSV) se jaarlikse skryfwedstryd, Hannes Visser, het Saterdag (08/06) sy debuutbundel Die jaar toe pa . . . in Bloemfontein bekend gestel.

Die bekroonde digter en BSV-beoordelaar, dr. Gilbert Gibson, het met hom by ’n geselligheid van die BSV in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) gesels. Corlietha Swart, BSV-voorsitter, sê mense gaan in die toekoms nog baie van Visser hoor.

Die jaar toe pa . . . handel oor die jaar waarin sy pa oorlede is. In kort, aangrypende gedigte, vertel hy brokkies uit sy lewe rondom die jaar 1967.

  • Dikwels is daar nog ’n storie en selfs ’n derde storielyn wat in een gedig gesuggereer word. Die jaar toe pa . . . word deur Naledi uitgegee en is onder meer by Bargain Books beskikbaar.) Een leser kan ’n getekende kopie van die Die jaar toe pa . . . wen. Besoek Bloemnuus se Facebook-blad.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.