Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bruidspare kan nou spogfoto’s inskryf

Paartjies wat sedert Julie 2019 getroud is, kan hul foto’s vir Bloemnuus se troufotokompetisie inskryf.

Die inskrywings sal deurlopend in Bloemnuus en op Bloemnuus se Facebook-blad geplaas word.

Wanneer die kompetisie einde Junie sluit, sal ’n fotogalery van al die inskrywings op Bloemnuus se Facebook-blad geplaas word sodat lesers hul gunsteling-foto’s kan kies.

Die tien foto’s wat die meeste stemme kry, sal beoordeel word, waarna die wenfoto in Augustus op Bloemnuus se voorblad sal pronk.

Bloemnuus is op soek na ’n unieke, romantiese foto wat iets van die spesiale gebeurtenis uitbeeld en ook iets sê oor die paartjie wat in die eg verbind is.

Fotograwe, met die toestemming van die bruidspaar, is ook welkom om ’n foto in te skryf.

Slegs een foto van goeie gehalte in jpg-formaat kan per bruidspaar ingeskryf word. Die fotograaf se handtekening mag nie op die foto verskyn nie, maar by elke inskrywing moet die fotograaf se naam en van, of die foto-ateljee se naam, verskyn sodat dit by die foto gemeld kan word.

Die inskrywing moet die paartjie se name en van bevat, asook die trouvenue en stad of dorp waar die troue gehou is.

Indien die plegtigheid en onthaal nie op dieselfde plek gehou is nie, kan net een van die twee genoem word.

Die kompetisie is slegs vir paartjies wat in Bloemnuus se lesersgebied woon – ongeag waar die troue plaasgevind het.

Skryf jou in deur die foto en inligting na lientjie.­mentz@­media24­.­com te stuur.

Slegs volledige inskrywings word oorweeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.