Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Burgers ‘veg’ vir land
Move one Million
Talle Bloemfonteiners het Saterdag (05/09) op die sirkel in Albrechtstraat betoog en motors aangemoedig om hul toeters te blaas teen korrupsie in Suid-Afrika.

Staan op teen die onreg in Suid-Afrika.

Dit was die boodskap van tientalle mense wat Saterdag (05/09) in Bloemfontein as deel van die Move One Million-beweging landwyd teen korrupsie saamgetrek het.

Op die sirkel by Prellerplein het inwoners in hul swart T-hemde en plakkate beswaar aangeteken teen alles wat verkeerd is in Suid-Afrika, veral korrupsie. Hulle het verbygaande motoriste aangepor om te toet ter ondersteuning van dié beweging.

Volgens Annetjie Benn, een van die deelnemers, het mense in meer as 16 dorpe en stede oor die land heen vreedsame optogte gehou.

Herman Lombaard het in Bloemfontein ’n swart vlag laat wapper as simbool van ’n land in rou oor wat nou hier gebeur. Hy het gesê hy neem aan die protesoptrede deel omdat ’n onreg in Suid-Afrika plaasvind.

“Hoe gouer ons almal gelyk opstaan teen hierdie onreg en onsekerheid vir die bestaan van elke mens in hierdie land, hoe beter.”

Move one million
Leanne Naude en Annetjie Benn het Saterdag (05/09) deelgeneem aan die Move One Million-betoging teen korrupsie Saterdag (05/09) by die sirkel in Albrechtstraat.

Die onreg is plaasmoorde, korrupsie, bedrog, staatskaping, verkragtings en aborsies.

“Dit is elke vorm van erge misdaad wat in hierdie land gepleeg word. Dit is waarom ons opstaan. Die swart vlag is simbolies van rou. Dit is simbolies van die absolute vernietiging van ons volksbestaan. En dit is ’n absolute simboliese gebaar vir elke plaasmoord, mens en plaaswerker wat aangeval word.”

Lombaard het gesê hy is al in sy huis aangeval én sy nek is in die aanval gebreek.

JG en Anri Lottering het gesê hulle veg teen korrupsie om ’n toekoms vir hul seun, Nelius (4), in die land te verseker. Nelius het op sy pa se skouers aan die optog deelgeneem en self ’n plakkaat teen korrupsie geswaai.

“Ons is bang dat daar weens korrupsie niks vir hulle (in die land) sal oorbly nie. Ons staan op vir ons kinders. Ons het dit al oorweeg om te emigreer, maar ons is baie lief vir Suid-Afrika. Al ons familie is hier. Ons wil graag hier bly en dit is hoekom ons hier is,” het Anri gesê.

Joseph Tokwa het gesê: “Genoeg is genoeg. Die korrupsie is te erg.”

Monique Burger, ’n drama­student aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), het gesê dit is elke landsburger se plig om vir ’n land te veg wat hulle wil hê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.