Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Buurte moet saamspan
Die verkeerseilande in Curie­laan van Pasteurrylaan tot by Flemingstraat is onlangs skoon­­gemaak.Foto: Verskaf

Met Fichardtpark wat danksy die werk en bydrae van inwoners van die Fichardtpark-woonbuurtvereniging netjies bly, wil ’n onderneming nou hê dieselfde moet in Genl. de Wet en Hospitaalpark gebeur.

Adri Vorster van D&J Vleis in Genl. de Wet sê hulle het twee weke gelede kontrakteurs gekry om die verkeerseiland tussen Curielaan en die dienspaaie netjies te maak.

“Die verkeerseilande word glad nie in stand gehou nie en lyk haglik,” het sy gesê.

“Ons het kontrakteurs gekry om die sypaadjies tussen Sannasposweg en Flemingstraat weer netjies te maak.”

Sy sê daar is nou ook ’n groot behoefte aan ’n tuinier om die rose op die eilande te snoei.

“Dit sal wonderlik wees as ander ondernemings en inwoners in die omgewing hulp verleen om die verkeerseilande in dié twee woonbuurte en hier naby netjies te help hou. Ons het ook mense met grassnyers nodig om die verkeerseilande in stand te hou.”

Vorster sê hulle het self verlede jaar ’n ooreenkoms met ’n kontrakteur aangegaan om slaggate in paaie soos Christiaan Rudolph reg te maak en met teer te vul.

Sy sê vullis by hul onderneming word nou al vir meer as twee jaar nie verwyder nie, en hulle het self met ’n kontrakteur gereël om dit gereeld weg te ry. Mense wat kan help met die instandhouding en wat tuintoerusting beskikbaar kan stel, kan haar by 083-688-1115 kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.