Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bybelse vroue herleef

Hanna was die eerste bybelse roman uit die pen van Bloemfonteinse skrywer Maretha Maartens.

Sy het spesiaal vir die ATKV-gemeenskapsteatertak ’n verwerking van dié boek vir die verhoog geskryf.

Nou is haar jongste bybelse roman, Sara, ook beskikbaar.

Maretha vertel Hanna was ’n opdragwerk van Lux Verbi en dit was vir haar ’n besonderse uitdaging.

Sy sê sy het lang ure aan navorsing bestee om die leefwêreld van daardie tyd in die Bybel beter te leer ken.

Bronne was volop, danksy haar man, ds. Hennie Maartens, se boeke uit sy kweekskooldae.

As destydse predikantsvrou van die NG kerk Noordhoek het sy talle teaterstukke vir die gemeente geskryf en dit is vir haar ’n voorreg om nou weer by so ’n produksie betrokke te kan wees.

Sy sê Hanna was vir haar ’n “sagte begin” met ’n spesiale fokus op vrouwees en die vrou se emosies.

Die boek handel oor die Bybelboek 1 Samuel 1 tot 3 en sy het ’n bietjie meer inligting bygewerk vir die toneelstuk om Samuel se volwasse lewe toe te lig.

Wat haar boek Sara betref, sê Maretha sy was haar lewe lank nog gefassineer met Abraham.

In die boek beskryf sy onder meer hoe Abraham vir Noag ontmoet.

Waar die boek Hanna fokus op plekke soos Rama en Silo, val die lig in Sara op Mesopotamië. Weer was daar ’n magdom navorsing wat sy gebruik het vir die verhaal van Sara en Abraham.

Abraham word deur die oë van Sara en Isak gesien.

In die verhaal beleef Abraham vir God direk, terwyl Sara smag na ’n tasbare belewenis van God.

Maretha sê die navorsing was genoeg om nog heelwat meer te skryf.

Nie net het sy die verhaal van Sara en Abraham op ’n baie unieke manier vertel nie; sy gee ’n heel nuwe insig aan dié Bybelse gebeure.

  • Die verhoogproduksie Hanna word op 12 April om 19:30 en 13 April om 10:30 en 19:30 in die Sand du Plessis-teater opgevoer. Kaartjies kos R100 en kan by Pacofs by 051-447-7772 bespreek word.
  • Hanna, die verhoogproduksie, word met die samewerking van die ATKV, Pacofs, Bloemnuus, Volksblad, Radio Rosestad en Lux Verbi (NB-uitgewers) aangebied.
  • Een leser staan die kans om die boek Sara te wen. Skryf in op Bloemnuus se Facebook-blad.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.