Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Byeenkoms 21ste keer gehou

As die vorige 20 jaar in ag geneem word, is die kanse goed dat van die atlete wat vanjaar aan die Stadium Fast Foods Grey/OMS-atletiekbyeenkoms gaan deelneem, in die toekoms op ’n wêreldverhoog kan eindig.

Die jaarlikse byeenkoms, die 21ste weergawe wat in samewerking met Grey-kollege en die Hoër Meisieskool Oranje aangebied word, vind Saterdag (05/10) in die Mangaung-atletiekstadion plaas. Daar is 147 nommers op die program wat om 08:15 begin. Die prysuitdeling is om 16:15.

’n Hele rits atlete wat Suid-Afrika op die Olimpiese Spele of Senior Wêreldkampioenskap verteenwoordig het, het al in die verlede op die byeenkoms puik presteer.

Baie van hulle hou steeds byeenkomsrekords. Johan Cronjé (Grey, 1 500 m en 800 m, seuns o.17), LJ van Zyl (Grey, 100 m, seuns o.14) en Jacques Freitag (Affies, hoogspring, seuns o.17) s’n staan steeds van die heel eerste byeenkoms wat op 30 Oktober 1999 plaasgevind het.

Daar sal vanjaar 25 skole deelneem waarvan 18 van buite Bloemfontein is.

Die Hoër Landbouskool Oakdale (Riversdal) en die Hoërskool Helpmekaar (Johannesburg) maak hul eerste verskyning en die Hoërskool Nico Malan (Humansdorp) is weer terug ná ’n afwesigheid van ’n paar jaar.

Tuks se sportskool stuur ook ’n span.

Grey se naelloper Lucky Moleyane en diskusgooier Aron Alvarez Aranda, sowel as Oranje se Johani van Tonder (driesprong) en Zanelle Janse van Rensburg (hekkies) is atlete van die gasheerskole van wie vuurwerke verwag kan word.

Aranda en Van Tonder het albei vanjaar ’n eerste plek op die nasionale skolebyeenkoms vermag.

Van Tonder het verlede jaar op die Grey/OMS-byeenkoms die verspringrekord vir meisies o.14 na 5,37 m verbeter en Moleyane het in 2017 200m-rekord vir seuns o.14 (22.41s) syne gemaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.