Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
CityRun hervat eersdaags
Leon Engelbrecht, Sonet van Zyl (KANSA) en Jannie de Wet met die pienk lappe wat as deel van die Pink Trees for Paulene-projek om bome gedrapeer kan word. Hulle staan voor die CityRun se nuwe vragskip-kantoor op Naval Hill.Foto: Lientjie Mentz

Die amptelike CityRun vind weer van Saterdag 7 November op Naval Hill plaas.

Leon Engelbrecht, organiseerder, sê die amptelike wedloop vind binne die reëls van Atletiek Suid-Afrika plaas.

“Sedert die inperking het ongeveer 180 mense weekliks aan die virtuele CityRun deelgeneem,” sê Engelbrecht.

Sedert Naval Hill weer oopgestel is, het sowat 65 van dié groep weekliks aan die virtuele wedloop op die koppie deelgeneem.

“Totdat die CityRun weer amptelik begin, kan mense hier self hul tyd met die mobi-tydstelsel neem sodat dit in ons rekords opgeneem kan word.

“Van 7 November af sal almal weer van onder die standbeeld kan wegspring. Wanneer hulle inklok, sal hulle dadelik hul tyd kan sien.”

CityRun-deelnemers kan elk ’n bandjie koop om die inklokproses te vergemaklik.

Hoewel die inperking die wedloop gestuit het, het CityRun-geesdriftiges besig gebly.

“CityRunners was ywerig om aan die winter- en lente-uitdagings, waarin pryse deur ons borge aangebied is, deel te neem,” sê Engelbrecht.

“Tydens die inperking het vrywilligers ’n vragskiphouer as kantoor ingerig, en ook ’n klein kantoor vir die veiligheidswagte.”

Jannie de Wet, ’n vrywilliger, en Sonet van Zyl van KANSA was Saterdag (10/10) op Naval Hill om as deel van die Pink Trees for Paulene-projek pienk lappe te verkoop.

“Kanker is onlangs by Engelbrecht gediagnoseer, en ons wil graag met CityRun hande vat om geld vir hierdie projek, wat in samewerking met KANSA aangebied word, in te samel,” sê De Wet.

Die projek duur nog tot 31 Oktober.

“Pienk lappe word teen R50 verkoop en dan gebruik om bome te versier. Dit dien as ’n bewusmakingsveldtog en steun mense wat kanker het.”

Volgens Van Zyl word 20% van die inkomste aangewend om kankerpasiënte by te staan.

Beenmurgkanker is op 1 September by Engelbrecht gediagnoseer.

“Ek het ’n operasie ondergaan en kry nou bestraling en medisyne, maar dit gaan regtig baie goed met my. Dié soort kanker is behandelbaar.”

Engelbrecht kan nie wag om toestemming by die dokter te kry om weer te begin hardloop nie.

  • Rig navrae oor die Pink Trees for Paulene-projek aan De Wet by 083-445-3108.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.