Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
CityRun vier mylpaal

CityRun Naval Hill bars uit sy nate. Meer as 1 000 mense het hulle al op CityRun Naval Hill se webblad as gereelde deelnemers geregis­treer. Meer as 350 deelnemers meld elke Saterdagoggend vir die gratis 5 km-wedloop op Naval Hill aan.

Die 20ste byeenkoms van dié gewilde wedloop word Saterdag (07/09) aangebied. Dit gaan ’n besonderse byeenkoms wees waar geregistreerde deelnemers groot pryse kan wen.

Volgens die wedloopdirekteur, Leon Engelbrecht, is een van die pryse ’n paar New Balance-hardloopskoene wat gesamentlik deur Kloppers en New Balance geborg word.

Jan van der Merwe, die voor­sitter van CityRun Naval Hill, sê dat Naval Hill nou opknapping ondergaan.

“Ons het die toiletstelsel opgeknap met die hulp van Deon Bam se maatskappy, DCL Elektries, en die pad is geskraap met die hulp van Razzmatazz.

“CityRun haal nou al die dooie bome by die Nelson Mandela-standbeeld op Naval Hill uit en vervang dit met jong boompies.”

Deelnemers wat aan Saterdag se CityRun-wedloop wil deelneem, moet seker maak dat hulle as CityRunners geregistreer is om in aanmerking te kom vir pryse wat uitgedeel gaan word. Deelnemers kan hulle by https:/cityrunnavalhill.wixsite.com/website registreer.

Die begintyd sal van Saterdag af van 08:00 na 07:00 verander, vanweë die somertyd wat begin.

Van der Merwe versoek dat gereelde deelnemers vir toegangspermitte vir Naval Hill aansoek doen. Deelnemers wat toegangspermitte het, gaan makliker toegang tot Naval Hill verkry. Daar gaan nie van permithouers verwag word om die Naval Hill-besoekersboek te teken nie.

Permitvorms kan Saterdae ná die wedloop gekry word, of stuur ’n e-pos na cityrun.navalhill@­gmail.com, vul dit in en bring dit saam wanneer jy gaan hardloop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.