Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
CityRun word ál beter

Heelwat is al sedert die begin van die Naval Hill CityRun gedoen om Naval Hill meer gebruikersvriendelik vir besoekers en deelnemers te maak.

Jan van der Merwe, woordvoerder vir die Naval Hill CityRun, sê danksy goeie borge kon die CityRun al heelwat doen om opknappingswerk en beter geriewe moontlik te maak.

RazzTazz-konstruksie het Vrydag (02/08) die grondpad op Naval Hill geskraap. Jan sê die pad het erg verspoel met die laaste somerreën. “Die toestand van die grondpad het dit onmoontlik gemaak vir gestremde mense om sinvol aan die CityRun deel te neem. Veral deelnemers in rolstoele het gesukkel. Ons is vol vertroue dat die grondpad ná RazzTazz se werk weer heeltemal toeganklik sal wees, veral vir gestremde deelnemers. Kevkor het die diesel vir die padskraper geskenk.”

Verder het Bloem-Tech Airconditioning twee bees-oorgange op die roete met gruis laat opvul en die gevaar wat hierdie oorgange vir deelnemers ingehou het, aansienlik verminder. Jan sê dié bees-oorgange was veral ’n groot probleem vir ouer deelnemers.

Benewens hierdie verbeterings het die Mangaung-metro die afgelope paar maande verskeie voetgang-roetes op Naval Hill geplavei. “Die plaveisel maak stap- en oefenroetes toegankliker vir besoekers. Die badkamers is uitgeverf en oor die algemeen lyk Naval Hill sommer heelwat beter.”

Deon Bam van DCL Electrical installeer ook nou ’n watertenk en ’n drukpomp wat die waterkrisisse by die toilette sal oplos.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.