Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Corneil sing in Bloem

Die oud-Bloemfonteiner Corneil Muller wat onlangs dié stad se naam hoog gehou het op M-Net se The Voice South Africa, tree op Donderdag (20/06) in die Aas­voëlklub op.

Corneil sê dit gaan vir hom heerlik wees om weer in die stad te sing, nadat hy tien jaar gelede hier as sanger sy eerste solo-vertoning gelewer het.

Intussen het hy in Spanje gewoon en opgetree, en woon deesdae in die Kaap.

Lucas Heinen sal Corneil in die Aasvoëlklub op klavier begelei. Die vertoning begin om 19:00 en kaartjies, wat R150 kos, is by Crazy Daisy by Prellerplein en Fleurdal beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.