Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Country-kunstenaar leef in pas met droom

Daniel Wesley Africa, of Danie Wessels soos die meeste mense dié Bloemfonteinse boorling ken, het bewys dat groot uitdagings met deursettingsvermoë en talent oorkom kan word.

Wesley, veral vir sy moderne country-klanke bekend, is benoem vir ’n prys in die Texas Sounds International Country Music Awards, waarvoor die toekennings­geleentheid elke jaar in Jefferson, Texas, gehou word.

Toe hy aanvanklik ’n e-pos van die organiseerders kry, het hy gedink dit is gemorspos. Eers nadat sy Britse agent ook die e-pos ontvang en ondersoek ingestel het, het die benoeming ’n werklikheid geword.

Wesley werk die afgelope jaar onder die Britse musiekmaatskappy Underground Music Movement (UMM), wat help om sy musiek in die buiteland te bemark.

Hoewel hy nie met country-musiek grootgeword het nie, was sy pa en naam­genoot ’n musiekgeesdriftige wat hom van vroeg af van The Beatles, The Rolling Stones en ander rockgroepe uit die 1960’s en 1970’s geleer het. Hy sê sy pa, wat in 2016 oorlede is, was altyd sy grootste aanhanger en het geweet dat hy graag eendag na die hartjie van country-musiek wou reis.

“Ek het eendag, sowat tien jaar gelede, deur ’n musiekwinkel gestap. Op ’n rak het ’n CD-omslag my aandag getrek. Dit was ’n album van Tim McGraw – en, soos hulle sê, is die res geskiedenis,” sê Wesley.

Hy sê sy passie vir die genre het só gegroei dat dit later sy droom geword het om eendag na Nashville in Amerika te reis.

Hy het as negejarige geleer om kitaar te speel, maar in daardie stadium was sy oë stip op rugby en atletiek gefokus.

“My broer Frans was altyd ’n groot kitaarspeler en het sedert sy laerskooldae saam met sy vriende in orkeste gespeel. Ná skool het ek altyd saamgegaan na hul oefensessies en optrede; eEendag het ek net besluit ek het nou genoeg gesit en kyk. In 2003 het ek begin saamspeel.”

Wesley het sy professionele musiek­loopbaan as hoofkitaarspeler vir die Suid-Afrikaanse poprock-groep K2 begin. Hy het saam met sy broer verskeie ateljee-albums opgeneem en oor die land heen opgetree. Hy het ook vir verskeie kunstenaars as sessie­kitaarspeler opgetree.

In 2016 het Wesley besluit om ’n solo­rigting in te slaan en ’n moderne country-album uit te reik. Sy enkelsnit “Rainmaker” word in Duitsland, Nieu-Seeland en dele van Brittanje oor die radio gespeel. Sewe Suid-Afrikaanse radiostasies het in sy nuutste enkelsnit, “Only You”, belangstelling getoon.

Wesley skryf sy eie musiek, en sê hoewel hy oorwegend in Engels skryf, hy graag eendag sy hand aan Afrikaanse liedjies sal waag. Hy wil egter nou eers sy stempel in die buiteland afdruk.

Wanneer hy vir die benoeming na Amerika gaan, beplan hy om tien dae lank deur die suide van die land te reis. Vir vier daarvan sal hy aan die kompetisie deelneem, vier dae daarvan deelneem aan die Texas Sounds International Country Music Awards, waar hy gehore aan sy eie musiek sal bekend stel. Ná die toekenningsgeleentheid het Wesley waarna hy vergaderings se agent reeds ’n paar vergaderings met belanghebbendes in die country-musiekbedryf sal bywoon.

Hy verklap dat daar ook ’n moontlikheid is dat hy vir nog ’n country-musiekprys, ’n Josie-musiekprys, in aanmerking kan kom.

  • Wesley tree Saterdag (11/05) by Be Human se whiskey-en-gin-fees op die plaas Middelwater op. Hy deel die verhoog met Roan Ash, Ivan Roux, Jacobus Silwer, Shandor Potgieter en Drywater.

Kaartjies is teen R250 en sluit 20 proekaatjies en die vertoning inBring eie stoele. by Computicket, Traumerei (Thakaneng-brug), die Bloemfontein Coffee Roasting Co, Human Harley Davidson en Human Auto Ford beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.