Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dakmark ‘plein’ lekker

Ná ’n suksesvolle dakmark by Prellerplein verlede jaar is daar besluit om vanjaar meer gereeld so ’n mark aan te bied.

Die eerste Bloemnuus-dakmark word op Donderdag 19 Maart, net voordat die skole vir die eerste kwartaal sluit, op Prellerplein se dak­parkeerterrein aangebied.

Marie-Louise Smith van Zig-Zag Creations, organiseerder van die mark, sê die dakmark in November verlede jaar was ’n dawerende sukses.

“Die ligging is perfek omdat dit sentraal is. Met die uitbreiding van Prellerplein die afgelope jaar, is dié sentrum ’n eenstopbestemming vir verbruikers in die omgewing.”

Sy sê daar is reeds sowat 25 uitstallers wat aangedui het dat hulle op die mark gaan uitstal.

Charmaine Fourie, eiendomsbestuurder van Prellerplein, sê dit is vir dié sentrum ’n voorreg om ’n mark hier aan te bied waar mense lekker kan kuier en ontspan.

“Kom eet iets, ontspan saam met vriende en bring die kinders om heerlik by die pretpark te speel.”

Sy sê dit is ook ’n geleentheid vir mense van ander dele van die stad om te kom kuier en kyk wat Prellerplein alles bied.

“Kom vergeet vir een aand van die gejaag, kuier tussen die stalletjies en geniet die mooi uitsig oor die noorde van Bloemfontein, en natuurlik ’n pragtige sonsondergang, van die dak af.”

Die mark sal om 17:00 begin en tot 22:00 duur.

Smith sê een van die voordele is dat geen toegangsgeld by die dakmark sal geld nie.

“Gesinne sal hier rustig kan kuier sonder die ekstra uitgawe van toegangsgeld.”

By elke mark sal daar vermaak deur kunstenaars wees.

’n Groot verskeidenheid uitstallers, wat onder meer geskenke, plante en tuisgemaakte eet- en drinkgoed bied, sal hul ware ten toon stel.

Besoek die nuwe Facebook-blad Bloemnuus Dakmark en volg dié blad, asook Bloemnuusse Facebook-blad, om op die hoogte te bly van wat die mark alles gaan bied.

Uitstallers wat by die mark betrokke wil raak kan Smith by 083-287-8845 bel, of e-pos na ml@zigzagcreations.co.za stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.