Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dans jou brein en lyf fiks

Lizelle du Plessis het die Grey-kollege Dansklub ’n paar jaar gelede by dié skool begin om die seuns touwys te maak om met selfvertroue aan sosiale paredans-gesellighede deel te neem.

Die dansklub, ook genoem die Lads Partner-dansklub, het later ’n meer permanente lokaal benodig en ’n danslokaal is in Agtstestraat 5 in Arboretum gevestig.

Hier bied Lizelle klasse vir laerskoolleerlinge van gr. 3 af aan, vir hoërskoolleerlinge, studente, jong werkende mense én leerlinge se ouers.

Lizelle sê dans is wonderlike oefening, en bied talle sosiale, intellektuele en fisieke voordele. Sy sê dit is wonderlik om te sien hoe die danslesse kinders se selfbeeld en selfvertroue verbeter.

Dit verbeter volgens haar kinders se leervermoë, maak die brein fiks, verhoog produktiwiteit en kreatiewe denke, en verhoog energievlakke, uithouvermoë en konsentrasie.

Lizelle sê dans help kinders met akademie omdat dit help om kennis vinniger, makliker en beter op te neem, te onthou en te herroep.

Sy glo kinders moet so jonk as moontlik begin dans om al die voordele wat dans inhou, te kan benut.

Die dansklub bied interne kompetisies aan omdat Lizelle glo dit bou kinders se selfvertroue.

Dansers beweeg na verskillende vlakke deur middel van danseksamens soos hulle passies onder die knie kry en aan ’n bepaalde standaard voldoen.

Van die informele danse wat die kinders baasraak, is tweepasdans (two-step), sokkie en boeredanse.

Lizelle sê dit is nie nodig om natuurlike ritme te hê nie – ’n mens tel om in pas met die musiek die regte bewegings uit te voer.

Saam met die passies vir byna 19 verskillende danse wat die kinders reeds van jongs af leer, leer hulle ook meer oor etiket.

’n Oud-leerling het onlangs aan Lizelle geskryf watter groot voorreg dit was om die afgelope sewe jaar hier te dans en om etiket te leer.

“Dans het regtig vir my soos ’n tuiste geword waar ek beskerming en aanvaarding ervaar het,” het die leerling geskryf.

Die lekker ding van pare-dans is dat twee mense leer om as ’n span saam te werk en die twee moet mekaar die heeltyd in ag neem.

Lizelle en haar man, Stephen Jordan, het in 1992 hul basiese dansopleiding by die Fred Astaire-dansateljee in Miami, Florida, gedoen.

Sy het ook ’n doktorsgraad in antropologie voltooi waarin sy gefokus het op die uitwerking van dans op ’n mens se sosiale lewe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.