Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dexterkoei ’n rasegte kampioen

’n Koei wat al vele titels agter die blad het, het weer uitgeblink op die afgelope provinsiale Dexter-kampioenskapsbyeenkoms wat op Bloemskou aangebied is.

Kleinhoefies Nadene, ’n dexterkoei van TJ Dexters wat in konsortium met Zandu Dexters op Bloemdal op die Jagersfonteinpad boer, het drie titels ontvang.

Sy is sewe jaar oud en het ses kalwers.

Nadene is aangewys as die senior vroulike kampioen, die vroulike grootkampioen en die reserwe raskampioen.

Torrie van Aswegen en haar man, Jurg, skou al sedert 2013 met Nadene.

Jurg sê Nadene het in 2013 op die nasionale kampioenskapsbyeenkoms skoonskip gemaak – sy was die raskampioen wat deurgedring het na die interras-kompetisie. Op dié kampioenskapsbyeenkoms is sy as die reserwe skou­kampioen aangewys.

Nadene is in 2014 as die senior vroulike kampioen, die vroulike grootkampioen en die raskampioen aangewys en het dieselfde prestasie in 2015 behaal.

TJ Dexters het ses vroulike diere ingeskryf en benewens Nadene het drie ander presteer.

Amadeus Roxy het ’n eerste plek behaal en is aangewys as die reserwe senior vroulike kampioen en ook die reserwe vroulike grootkampioen.

TJ Lisa, ’n vers, het ’n tweede plek behaal en TJ Aneke, ook ’n vers, het ’n eerste plek in die kampioenskap behaal.

Benewens Nadene het drie ander presteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.