Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die hare gaan waai

Die hare het plek-plek gewaai toe rugbyspelers en personeel van die Cheetahs Woensdag (o5/02) hul steun aan kankerpasiënte gewys het.

’n Paar Cheetah-rugbyspelers asook personeel van Vrystaat Cheetahs en spelers van die Cheetah-akademiespan het aan die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) se Shavathon, deelgeneem. Dit is by die Toyota-stadion aangebied.

Met die Shavathon samel KANSA geld in om die belangrike werk wat dié organisasie doen, te ondersteun.

Shavathon word Saterdag (29/02) landwyd by winkelsentrums aangebied.

Marike Simkin van KANSA Bloemfontein en Suid-Vrystaat, sê vanjaar se tema “Hoop 2020” is veral geskik en gepas omdat deelnemers hoop sal gee vir alle kankeroorwinnaars en hul geliefdes. “Elkeen wat R50 skenk en sy hare kleur of laat afskeer, wys daarmee solidariteit met kankerpasiënte se stryd teen kanker.

“Deelnemers kan kies of hulle hul hare wil laat skeer, spuit of om met behulp van stensils hul hare in te kleur en op te tooi.”

Sy sê die uitdaging aan almal is maklik: Nooi 20 mense uit om saam met jou deel te neem aan die prettigste geleentheid in KANSA se dagboek – Shavathon 2020.

Volwassenes betaal R50 en kinders jonger as 12 betaal R25 om aan die Shavathon deel te neem.

Geld wat ingesamel word, word deur KANSA vir versorging- en ondersteuningprogramme vir kankerpasiënte, versorgers en geliefdes gebruik.

Maria Scholtz, KANSA se hoof van volhoubaarheid, sê KANSA hoop om soveel as moontlik mense aan te spoor om hande te vat en saam te span om vir almal wie se lewe deur kanker geraak word, te wys dat hulle nie die stryd alleen hoef te stry nie.

In Bloemfontein sal daar op 29 Februarie van 09:00 tot 16:00 Shavathons aangebied word by Loch Logan Waterfront, die Mimosa Mall, Prellerplein, Northridge Mall asook die Langehovenpark Checkers.

Indien jou onderneming of skool belang stel om ’n Shavathon aan te bied, bel vir Marike by 082-637-9485 of 051-444 2580 of stuur ’n e-pos aan msimkin@cansa.org.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.