Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die Wolkskool nou gratis

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het tydens die inperkings onderwys op verskeie terreine beskerm en ondersteun. Skole en kleuterskole se regte om oop te maak is tot in die hof beveg, duisende onderwysers is opgelei om afstand-leer te optimaliseer en Die Wolkskool het aanlyn onderrig vir meer as 116 000 leerlinge moontlik gemaak.

Kontak-onderrig het weer vir baie leerlinge hervat, maar duisende leerlinge baat steeds by die Wolkskool se aanlyn klasse.

’n Verdere 1 800 onderwysers gebruik Die Wolkskool se platform om hul eie digitale klaskamers te bestuur, opdragte te plaas en terug te ontvang, en met leerlinge te kommunikeer.

Weens die geldelike druk op huishoudings en skole wat swaar getref is deur die Covid-19-pandemie, het die SOS besluit om Die Wolkskool tot aan die einde van die jaar gratis beskikbaar te stel vir alle leerlinge en skole.

Volgens Valentyn van der Merwe, hoof van Innovasie by die SOS, sê tesame met die bestaande inhoud van meer as 4 000 video-lesse, assessering en werkkaarte, skep Die Wolkskool ’n uitstekende platform om vlakke van leer na nuwe hoogtes te neem. Daar is meer as 1 800 onderwysers wat reeds Die Wolkskool gebruik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.