Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Diep waters stuit dié swemmer nie

Sy is benoud, maar beslis ook opgewonde.

Só vertel Nachke van der Walt, die eerste swemmer van die Laerskool Universitas (Tjokkies) wat as deel van die Vrystaatspan aan die nasionale kampioenskap vir fisies gestremde persone gaan deelneem.

Dit vind van 15 tot 21 Maart in Stellenbosch plaas.

Nachke, ’n gr. 7-leerling, is die dogter van Nanine en Charl van der Walt. Dit is danksy haar destydse gr. 3-onderwyser, Lianza Grobler, dat die swemgogga haar beet het.

Lianza, die swemhoof en -afrigter by Tjokkies, het al 12 keer die Midmarmyl geswem en ook twee 8-mylers.

Nanine sê dit was ’n lang proses, en Naschke is uiteindelik in 2017 geklassifiseer en kon verlede jaar die eerste keer onder die provinsiale klassifikasie S9 deelneem. Haar tyd by verlede jaar se Vrystaatse laerskole-kampioenskap het as kwalifisering gedien om as deel van die Vrystaatspan aan die nasionale kampioenskap deel te neem.

Nanine sê swem is ’n duur sport en dit is danksy haar pogings om geld in te samel om Nachke na Stellenbosch te stuur, dat Kobus Venter van die Vrystaatse Streekkantoor van Solidariteit Helpende Hand van haar pleidooi te hore gekom het. Helpende Hand het ’n borgskap van R1 500 aan haar toegestaan omdat dit deel van dié organisasie se fokus is om kinders en mense met gestremdhede te help.

Nachke is met Holt Oram-sindroom gebore, wat die boonste ledemate en die hart aantas. Toe sy slegs drie dae oud was, het Nachke haar eerste hartoperasie ondergaan en op drie maande die tweede. Sy het ook operasies aan haar hande ondergaan om hul funksionaliteit te verbeter. Haar skouers is onderontwikkel en kan net 60º roteer.

Weens ’n skouerbesering kon Nachke die laaste agt weke van verlede jaar nie oefen nie, maar sedert die skole geopen het, is daar geen keer aan dié swemmer nie.

Tydens die nasionale kampioenskap gaan sy in haar klassifikasie in die o.13-ouderdomsgroep aan die 50 m-rugslag, borsslag en vryslag deelneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.