Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Diere baat by konsertgangers se vermaak

Bloemnuus-lesers staan die kans om kaartjies te wen na die buitelug-konsert op 2 November waarop Jo Black, Spoegwolf en ander bekende kunstenaars ten bate van die Bloemfonteinse DBV sal optree.

Ander kunstenaars wat op die geleentheid te siene sal wees, is Swerwer, Gert Koevert en die plaaslike groep Drywater.

Die konsert begin om 15:00 by die Makarios Country Lodge in Bainsvlei, waar daar ’n groot, oop ruimte gereed gemaak word vir die geselligheid.

Daar sal heelwat te eet en te drink wees en elke konsertganger kan net ’n stoel of piekniekkombers bring.

Die hekke open om 14:00.

Kaartjies kos R150 en is by Computicket beskikbaar.

Rig navrae aan Reinet Meyer (hoofinspekteur by die DBV) by 051-447-3801.

Lesers kan Bloemnuusse Facebook-blad besoek om te sien hoe hulle een van die wenners van DBV-konsertkaartjies kan wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.