Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Doktorsgraad (nog) ’n veer in haar hoed

Die voorsitter van die Vrystaatse Aptekersvereniging, Martlie Mocke-Richter, het pas haar doktorsgraad in farmakologie aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf.

Sy dien ook in die Suid-Afrikaanse Aptekersvereniging se uitvoerende raad.

Aan die hand van haar proefskrif het sy ’n raamwerk vir die gebruik van biologiese medisyne in Suid-Afrika opgestel.

Mocke-Richter het haar voorgraadse studie aan die Noordwes-Universiteit voltooi, waarna sy haar meestersgraad in kliniese farmasie behaal het.

As Suid-Afrikaanse verteenwoordiger het sy die wêreldfarmakologiekongres in Japan bygewoon. Sy lewer ook gereeld voordragte in Suid-Afrika.

Sy werk vir die gesondheidsdepartement en dien op die provinsiale antimikrobiese-oorsigkomitee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.