Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Donkies kry hul skadu

Die Boeremark in Langenhovenpark se gewilde donkies het uiteindelik ’n permanente dak oor hul koppe.

Madeleine en Niel du Toit wou in Desember ’n dak by hul donkiekarstalletjie oprig waar die donkies wat Hastig se Wa trek, Saterdae tussen ritte kan rus en waar ouers en kinders saam met die donkies foto’s kan neem.

Ná enkele klagtes van ander uitstallers omdat die reëls van die Boeremark bepaal dat geen permanente dak hier opgerig mag word nie, het Niel die dak afgehaal en elke Saterdag ’n seil oor die struktuur getrek.

Die struktuur is baie hoër as dié van ander stalletjies, sodat die donkies met die donkiekar onderdeur kan gaan.

Niel en Madeleine het by die Mangaung-metro aansoek gedoen om ’n permanente dak op te rig, en het onlangs dié toestemming gekry.

Volgens Madeleine het die amptenare haar vertel dat hulle in Bloemnuus van die Boeremark se donkies gelees het.

Bloemnuus het op 11 Januarie berig oor die herrie by die Boeremark oor die donkies se afdak.

Niel het op 19 April die netjiese sinkdak opgerig, en sedertdien is die lewe vir hom ook baie makliker.

Die Boeremark word elke Saterdagoggend aangebied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.