Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dosente wys hul kunstaal in uitstalling

’n Uitstalling by Gallery on Leviseur deur kunsdosente in Bloemfontein is ’n eerbetoning aan dié mense wat dag ná dag hul kreatiwiteit en kundigheid in hul studente stort en selde tyd het om eie werke uit te stal, sê die kurator, Dina Grob­ler.

“Daarom het ek elke kunsdosent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) en Motheo-kollege genader om aan ’n groepuitstalling deel te neem.

“Die titel is Leermeester, wat vir my ’n gepaste beskrywing vir toegewyde kunsdosente is,” sê Grobler.

Altesaam 14 dosente het ingestem en dit sluit kunshoofde soos Ben Botma (UV) en Gerrit Hattingh (Motheo) tot nuut aangestelde jong dosente in.

Ook internasionaal bekende Willem Boshoff, ’n mentor vir nagraadse UV-studente, is een van die uitstallers. Ander bekendes aan die UV wat uitstal, is Janine Allen-Spies, Jaco Spies en Adelheid von Maltitz.

Twee jong dosente is Johandi du Plessis, Lyrene Kühn-Botma en juwelekunstenaar Johan Slabbert.

Die SUT-dosente is Elrie Joubert, Danio Janeke en Mandi Cronjé. Dosente van Motheo is die keramiekkunstenaar Helena de Waal en Adéle Opperman.

Grobler sê “merke is die grondslag van alle kuns. Of jy skilder, teken, drukkuns beoefen of watter medium ook al, jy maak merke en daardie merke word jou kunstaal.”

  • Volgens Grobler stel kunsdosente buitengewoon hoë standaarde aan hul eie kuns. Die uitstalling is nog tot 26 Augustus in Gallery on Leviseur te sien.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.