Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dowe leef passie vir rugby op en van die veld uit

Tydens die uitspeelwedstryd van die Vrystaat-Cheetahs en die Suidwestelike Distrikte-Arende wat Dinsdag 30 Oktober op die Vrystaat-stadion beslis is, het Franco Louw sy buiging as tegniese hulp vir die skeidsregter gemaak.

Franco is die enigste dowe man in die land wat as ’n Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregter gekwalifiseer is.

Hy het aan die Hoërskool Landboudal gematrikuleer en studeer landbou aan die Universiteit van die Vrystaat. Volgens hom was rugby van kleins af sy passie.

Franco het ’n marmerbeensiekte wat sy bene aantas en breindrukking en gesigsverlamming tot gevolg het. Hy kon tot in gr. 5 rugby sonder gehoorapparate speel, waarna hy ’n operasie gekry het en daarna vir jare nie aktief rugby kon speel nie.

Sy liefde vir rugby het egter bly groei en in 2014 is hy as beste spanbestuurder aangewys. In 2017 kon hy ná 27 operasies weer begin rugby speel. Hy het sedertdien 14 wedstryde gespeel en in ’n eindstryd deelgeneem waar hy as speler van die wedstryd aangewys is. Ná die wedstryd het hy sy 28ste operasie ondergaan.

Hy het in 2016 as ’n rugbyskeidsregter gekwalifiseer. Daarna het hy as skeidsregter in die Cheetah Chase-program opgetree en sê dit is vir hom baie lekker om ’n skeidsregter te wees.

Franco is ook sedert Oktober die president van die Vrystaatse Dowes-rugbyunie – ’n unie wat hy van nuuts af opgebou het onder leiding van die president van die Suid-Afrikaans Dowes-rugby Unie, Michael Oosthuizen, en sy paneel.

Hy sê daar is nou sewe komiteelede en hulle is op soek na spelers met ’n gemiddelde gehoorverlies van 25dB of meer in albei hul ore om in die dowe-rugbyspan te speel.

Wanneer die span volledig is, gaan hulle klubrugby speel en volgende jaar aan ’n interprovinsiale toernooi deelneem, met Bloemfontein as gunsteling om dié toernooi aan te bied.

Franco speel nou ook rugby vir die Veritas-koshuis en het vanjaar nege sewes-wedstryde vir Dragonflies Dowes in Pretoria gespeel om te sien hoe dit is en ter voorbereiding vir volgende jaar se toernooi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.