Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dra jou plakkies vir kinders met kanker

Die Choc-stigting vir kinders met kanker bied vanjaar op 14 Februarie die eerste keer ’n nasionale Flip Flop-dag aan om mense aan te moedig om dié organisasie te ondersteun.

Retha van Eyssen, streeks­koördineerder vir die Vrystaat en Kalahari-streek, sê hulle is baie opgewonde om so ’n geleentheid aan te bied om bewustheid vir Choc te skep.

“Dit is ’n dag waarop mense ’n rukkie lank in die skoene van kinders met kanker kan loop. Koop dus ’n plakker en dra jou plakkies ’n dag lank oral waar jy gaan.”

Choc-huis Bloemfontein bied gratis verblyf, kos en ondersteuning aan ouers en hul kinders wat in die stad kankerbehandeling ontvang. Sy sê die Bloemfontein-huis bied huisvesting vir kinders in die Vrystaat, Lesotho en die Noord-Kaap.

“Kinders wat deur die behandelende dokter verwys word, word hier by ons ’n tydelike tuiste gebied terwyl hulle behandel word. Ons kan sowat 22 ouers en hul kinders op ’n slag huisves, maar ons probeer altyd ’n plan maak om iemand te help,” sê Retha.

Choc het ook ’n maatskaplike werker, Maria Mtonxa, wat met ouers en kinders wat behandeling ontvang, gesels en hulle ondersteun.

Retha sê Choc doen baie om bewustheid van kanker se vroeë simptome onder kinders te skep.

“Ons bied opleiding aan susters van klinieke en selfs tradisionele genesers sodat hulle simptome vinniger kan identifiseer en die kinders na ’n onkoloog verwys kan word.”

As nie-winsgewende organisasie is Choc afhanklik van mense se skenkings.

“Vir die huis word daar ook nou ’n driekwartbed en televisies benodig. Skenkings is altyd baie welkom.”

Retha sê hulle benodig vrywilligers wat kan help om die kinders besig te hou.

  • Flip Flop-plakkers kan teen R10 by PNA in Northridge Mall of by Choc-huis by Stegmanstraat 19, Universitas, gekoop word.

Mense kan ook by dié twee plekke teen R30 ’n plakkie-sleutelhouer saam met die plakker koop.

Ondernemings en skole kan Retha by 084-028-8662 bel of ’n e-pos na freestate@choc.org.za stuur om ’n bestelling vir ’n klompie plakkers te maak wat onder werknemers of by skole verkoop kan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.