Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Duiweboere se passie beloon

Die manne (én vroue) met ’n passie vir posduiwe het Saterdag (02/11) die Bloemfonteinse Posduiffederasie se jaarlikse prysuitdeling-geselligheid by The Kings Haven bygewoon om hulde te bring aan die jaar se uitblinkers.

Justin en Daniel King van Kingslea Lofts het vanjaar in talle kategorieë met hul duiwe uitgeblink en is as die federasie se algehele wenner vir 2019 aangewys. Jannie Nel wat uit die sport tree en waaroor Bloemnuus verlede maand berig het, was algeheel tweede in die federasie.

Tydens die vliegseisoen is talle wedvlugte van plekke soos Willowmore, Matjiesfontein en Prins Albert aangebied en die onderskeie wenners is ook op die geleentheid vereer.

Die ander topplekke in die federasie is ingeneem deur Frank Parkin (derde), Tsunami-hokke (vierde), Bornman-hokke (vyfde), Erasmus en Geyer (sesde), Johan Rust (sewende), JJJ van der Linde-hokke (agtste), Hansie Sauer (negende) en Jannie Kruger (tiende).

  • Die nege klubs wat onder die Bloemfonteinse Posduiffederasie val, se onderskeie klubwenners vir vanjaar is: Shannon-posduifklub: Kingslea Lofts;) Noord-Noord-oos-posduifklub: Dirk Pretorius;) Verre Oos-posduifklub: Africa en Matthyser;) Bloemfontein-Wes-posduifklub: Erasmus en Geyer;) Bainsvlei-posduifklub: Botha en Le Roux;) Bloemfontein-Suid-posduifklub: Jannie Nel;) Bloemfontein Fleurdal-posduifklub: Tsunami-hokke;) Brandkop-posduifklub: JJJ van der Linde-hokke; en) Beginnersklub: Gerhard Kock.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.