Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Durf Ysbeer by die huis aan
Neem vanjaar in jou eie agterplaas aan die Ysbeerswem-uitdaging deel. Foto: Pixabay

Die jaarlikse Ysbeerswem wat in die Sandrivier naby Ventersburg plaasvind, vind vanjaar op ’n ware grendel-manier plaas.

Felix Burri bied elke jaar dié swemtog ten bate van liefdadigheid aan.

“Om binne die reëls te bly, moet jou Ysbeerswem in die grendeltyd plaasvind. Jy kan in enigiets koud swem – van ’n swembad, babaswembad of visdam tot in ’n rivier of plaasdam, en as dit moet onder ’n sproeier.”

Mense wat kans sien om die yskoue water aan te durf, kan kies tussen ’n nagswem tussen Vrydag 26 Junie om middernag tot 00:30 op Saterdag 27 Junie.

Die gewone ysbeerswem vind op Sondag 28 Junie plaas.

Inskrywings vir die dagswem is R60 en medaljes sal sowat drie weke ná die Ysbeerswem by Goldco Midas-winkels in Bloemfontein afgehaal kan word.

Medaljes sal ook by dié winkels in Odendaalsrus, Welkom, Virginia, Kroonstad, Bethlehem en Ficksburg beskikbaar wees vir swemmers in ander streke.

Slegs die eerste 30 inskrywings kwalifiseer vir die nagswem en inskryfgeld is R500. Almal wat suksesvol deelneem, kwalifiseer vir ’n geskenkpak ter waarde van R600 wat ’n Hella-koplig en medalje, geborg deur Napa Auto Parts, insluit.

Burri sê daar is pryse vir die beste kleredrag en mees oorspronklike idee.

“Aangesien daar nie vanjaar hekgeld vir liefdadigheid ingesamel kan word nie, is donasies welkom en moet dit aangedui word op inbetalings.”

Skryf jou in of doen navraag deur ’n e-pos te stuur na ysbeer2020@snakebite.com of bel Burri by 082-851-4584.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.