Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Een skenker kan 7 laat lewe

Jy kan sewe mense se lewe red.

Een hart, twee longe, twee niere, een lewer en een pankreas kan sewe mense ’n nuwe kans op die lewe gee.

Augustus is Orgaanskenkermaand.

Altesaam 4 300 mense wag vir orgaanoorplantings, maar minder as 800 van hulle sal hierdie jaar die orgaan of organe kry wat hulle nodig het.

Jou hart, niere, pankreas, lewer en longe kan mense wat ernstig siek is ’n kans gee om ’n langer en gesonder lewe te lei.

Jy kan ook help deur weefsel soos korneas, hartkleppe, vel en been te skenk.

Die Orgaanskenkingstigting van Suid-Afrika hoop om vandeesmaand mense as orgaanskenkers te laat registreer en om ’n beter bewustheid hieroor by almal te kweek.

’n Mens kan gratis as ’n orgaanskenker registreer en die proses is eenvoudig en vinnig afgehandel.

Voornemende skenkers kan die Orgaanskenkingstigting se webtuiste by www.odf.org.za besoek, of skakel die tolvrye nommer by 0800-22-66-11.

Inligtingstukke sal vir jou gepos word. Dit sal ’n orgaanskenkingskaart en plakkers vir jou identiteitsdokument en rybewys insluit.

Dit is belangrik dat jy jou besluit met jou familie bespreek, aangesien hulle in die geval van jou dood die toestemming moet gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.