Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Een van vyf gaan met motor wegry

Die name van die vyf finaliste in Engo se Vir ons kinders-projek, waarvan die wenner Vrydag (06/12) ’n splinternuwe Ford Figo 1.5 Ambiente ter waarde van R172 550 huis toe gaan neem, is bekend gemaak.

Dit is die tiende keer dat Engo dié kompetisie aanbied.

Mense kon kaartjies teen R30 by Engo-takke koop.

Die geld is ten bate van Engo se 33 kinder- en jeugsorgsentrums oor die Vrystaat heen.

Engo is die grootste nie-regeringsorganisasie in die Vrystaat wat na kinders en gesinne in nood, bejaardes en mense met gestremdhede omsien.

Die vyf finaliste wat Vrydag by die trekking gaan wees, is Carmita De Gouveia van Bloemfontein, Juanita Dippenaar van Vanderbijlpark, Nellie McIntyre van Bloemfontein, Corné Cronje van Viljoenskroon en Dries Cilliers van Heilbron.

Die hoofborge van die projek is Media24 se Sentrale Plaaslike Koerante (wat Bloemnuus insluit), Human Auto, OFM en PWC.

Die wenner sal volgende week in Bloemnuus bekend gemaak word.

Die trekking vind Vrydag om 19:00 tydens Volksblad se Kos-en-kunsmark op Be Human (Middelwater) plaas. Woon gerus die lekker mark en die trekking by.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.