Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eenvrousukses groei

’n Oudleerling van die Meisieskool Oranje, Loané van Sandwyk (26), werk kliphard aan haar drama-loopbaan, met die derde eenvrouvertoning wat sy binnekort op die planke sal bring.

Loané het ná skool drama en teater aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) studeer voordat sy in 2015 haar honneursgraad in kabaret aan die Universiteit Stellenbosch (US) onder Marthinus Basson voltooi het.

Kort nadat sy klaar studeer het, het sy en van haar studentemaats die groep Die 3 Ednas begin. Hulle het onder meer in 2016 die toneelstuk Verplaasop die Vrystaat Kunstefees Vrynge in Bloemfontein opgevoer.

Sedertdien het Loané ’n eiesoortige motiveringskabaret geskep en toneelstukke vir eenvrouvertonings begin skryf.

Sy beskryf dit as komies, maar bemoedigend: “Ons moet lag sodat ons kan beter voel.” Sy sê elkeen van haar vertonings moet mense hoop gee.

Haar vertoning Dis nie ek nie, dis jywas in 2017 op die Vrystaat Kunstefees Vrynge te sien en verlede jaar was dit Die Hammers.

Sy het ook verlede jaar haar eerste CD, Knoffelbroodjie, met tien oorspronklike liedjies uitgegee. Sy bespeel talle instrumente, insluitend mondfluitjie, trekklavier, kitaar en ukulele. Oor laasgenoemde sê sy ’n mens voel sommer gelukkig terwyl jy dié instrument bespeel.

Sy het al drie musiekvideo’s gemaak wat op kykNET se musiekkanale gespeel word. Sy het dit geniet om die video’s te maak en hoop om eendag meer betrokke in die rolprentbedryf te wees.

Sy toer nog met Die Hammers oor die land heen voordat sy op vanjaar se Vrystaat Kunstefees Vrynge te sien gaan wees in haar nuutste produksie, Francie en haar foon. Dié vertoning gaan oor die humoristiese kant van selfoonverslawing.

Loané sê haar gesinslede is haar geestelike mentors en sy is dankbaar vir al die geleenthede wat haar ouers, Christa en Coert, haar gegee het. Sy sê hulle is baie regverdige kritici wanneer dit by haar vertonings kom.

Loané sien dit as ’n voorreg om op so ’n jong ouderdom te kan doen wat vir haar regtig lekker is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.