Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Egpaar se handewerk in uitstalling te sien

’n Kunstige egpaar se besonderse handewerk word nou in Gallery on Leviseur uitgestal.

Die uitstalling van Graham Carter se indrukwekkende beeldhouwerke van verskillende metale, sy vrou, Riette, se skilderye en hul versierde pottebakkerswerk, is Donderdag (07/03) geopen.

Riette het onlangs haar vaardighede met olieverf verfyn, en skep graag realistiese portrette van mense en diere.

Talle van dié kunswerke vorm deel van die uitstalling.

Graham was ongeveer 20 jaar oud toe hy die eerste keer met beeldhouwerk begin eksperimenteer het.

Hoewel hy aanvanklik verskeie abstrakte werke met hout aangepak het, is vlekvrye staal deesdae sy voorkeur-medium.

Hy sê dié staal het besonderse eienskappe en hoewel dit ’n baie moeilike medium is om mee te werk, isen die resultaat is uiters bevredigend.

Die algemene tema van sy werke is “ ’n Oomblik in tyd”, en hy probeer om ’n objek in ’n oomblik vas te vang.

Hy hou homself ook al vir ongeveer 30 jaar met pottebakkerswerk besig.

  • Die uitstalling duur nog tot 19 April.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.