Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Egtheid slaan deur in kunswerke
By die uitstalling is van links Bernise Theron, Liezl Spangenberg (kunstenaar) en Anika Loftus.Foto: Lientjie Mentz

Die Bloemfonteinse kunstenaar Liezl Spangenberg se kunswerke word by Gallery on Leviseur uitgestal.

Die uitstalling, Authentic Soul, is Donderdag (17/09) met ’n klein geselligheid saam met belangstellendes, vriende en familie geopen.

Liezl sê Authentic Soul is ’n reeks portrette en figure in ’n oomblik vasgevang.

By een van Liezel Spangenberg se skilderye is van links Wessel Jacobs, Scharon Campbell, Charlené Kühn en Mienke van Rooyen.

“Hierdie figure het met hul verlede vrede gemaak. Hulle is nie perfek nie, maar eg. Ons is almal gebore om eg te wees, nie perfek nie.”

Sy gebruik ’n groot verskeidenheid mediums.

Zandri van der Westhuizen en Quinton Lehnert by die opening van Authentic Soul.

“Ek probeer enigiets waarop ek my hande kan lê op die skilderdoek. Hier en daar los ek selfs ’n stukkie doek skoon, wat ook wys op die egtheid wat deurslaan.”

Benewens die reeks Authentic Soul het sy ’n paar van haar vorige, meer realistiese, werke gebring om deel van die uitstalling te vorm.

“Die teenstelling tussen die werke sê ook iets van my nuutste reeks,” sê Liezl.

“Dit was vir my een van die moeilikste tye om ’n reeks skilderye vir ’n uitstalling reg te kry omdat ons in die proses is om te verhuis,” sê Liezl oor die uitstalling.

“Tog is ek dankbaar dat Geralda my vroeër vanjaar oortuig het om die uitstalling te hou.”

Geralda was die vorige koördineerder van Gallery on Leviseur.

  • Die uitstalling kan nog tot 4 Oktober by Gallery on Leviseur se voorste uitstal-ateljee besigtig word.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.