Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Emigrasie: Kyk na belasting

Met die huidige ekonomiese en politieke klimaat is daar talle Suid-Afrikaners wat emigrasie oorweeg op soek na beter werkgeleenthede in ander lande.

Herlu Smith van T. Roos & Kie sê dit het tot gevolg dat daar heelwat faktore is wat in ag geneem moet word, waarvan een daarvan die belasting-gevolge is wat daarmee gepaard gaan.

Wanneer iemand emigreer, is die vraag of finansiële emigrasie oorweeg moet word en die noodsaaklikheid van dié proses. Die vraag ontstaan ook oor hoe belastingsake hanteer moet word, en of daar steeds jaarliks opgawes aan die Suid Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ingedien moet word, al dan nie.

Om hierdie vrae te beantwoord is dit noodsaaklik om te onderskei tussen finansiële emigrasie en die betrokke persoon se belastinginwonerstatus.

Dit is belangrik om kennis te neem dat iemand wat wel finansieël geëmigreer het, steeds moontlik onderworpe kan wees aan belasting in Suid-Afrika en is nie noodwendig dan vrygespreek daarvan om jaarliks belastingopgawes in te dien nie.

  • Om as ’n belastinginwoner beskou te word, waar daar steeds van die mens verwag word om opgawes in te dien in Suid-Afrika, is daar drie faktore wat in ag geneem moet word: Indien so iemand as ’n Suid-Afrikaanse inwoner beskou word (vir belastingdoeleindes);) Indien so iemand voldoen aan die fisiese teenwoordigheidstoets soos deur die belastingwet bepaal; en ) Volgens ’n dubbelbelasting-ooreenkoms tussen Suid-Afrika en die ander land.

Finansiële emigrasie aan die ander kant beteken bloot om jou emigrasie op rekord te plaas by die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Die hoofrede hiervoor is om die valutabeheerinwoner status te verbreek.

Vir hierdie doeleindes moet daar spesifiek aansoek gedoen word by die Reserwebank met die nodige buitelandse paspoort of visum om in die ander land te woon.

Hoewel hierdie ’n sterk aanduiding is aan die SAID dat die persoon nie meer ’n inwoner van die Republiek van Suid-Afrika is nie, is dit nie noodwendig die deurslaggewende faktor nie en word verskeie ander faktore ook in ag geneem om die inwonerstatus te bepaal.

“Daar moet dus noukeurig gekyk word na elke individu se omstandighede en dit is belangrik om jou belastingpraktisyn te kontak sodat die korrekte prosedures gevolg word,” raai Smith aan.

Kontak T. Roos vir ’n konsultasie. Die firma bied ook verskeie ander belasting- en rekeningkundige dienste aan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.