Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Enkele boekkuiers oor
As deel van Vryspraak Digitaal gesels Francois Smith op 29 September oor sy nuwe roman, Die kleinste ramp denkbaar.Foto: Liza van Deventer

Slegs enkele aanlyn besprekings is nog op Vryspraak Digitaal se program oor.

Dié literatuurfees is die Vrystaat Kunstefees se eerste boek­besprekingsreeks van sy soort.

Die topverkopers van die reeks, wat nog tot 30 September duur, is:

  • Die Verdriet van België (met Daniel Hugo, wat die boek in Afrikaans vertaal het, en Francois Smith as gespreksleier);
  • In ’n gedeelde tweede plek is Jeanne Goosen – ’n lewe vol sinne (met skrywer Petrovna Metelerkamp en Charles Smith as gespreksleier) en Kortverhaalfeeste, waarin Tildie Smit gesels met Jolyn Phillips (Tjieng Tjang Tjerries) en Madré Marais (Luistervink);
  • Die kleinste ramp denkbaar(Johann Rossouw praat met skrywer Francois Smith);
  • Heerser van die ringe (boek­bespreking met Kobus Geldenhuis en Cheréne Pienaar); en
  • Afrikaanse digkuns strek wêreldwyd (digkunskafee met Jerzy Koch, De Waal Venter en Daniel Hugo).

Die besprekings waarna mense van vandag af kan uitsien, sluit in:

  • 24 September: Van groot belang (digkunskafee met Nachoem Wijnberg en Hennie van Coller) om 12:00 en Afrikaans: waar almal ’n tuiste vind om 15:00;
  • 25 September: Black Tax: Burden or Ubunto (boekbespreking met Sue Nyathi en Ra Mokone) om 11:00 en Afrikaanse digkuns strek wêreldwyd om 15:00;
  • 28 September:#ImStaying (Ruda Landman gesels met die skrywer Natasha M. Freeman) om 11:00 enPicasso’s keerzijde (Dirk van den Berg gesels met Mira Feticu) om 15:00;
  • 29 September:Die kleinste ramp denkbaar (met Johann Rossouw en Francois Smith) om 11:00 en Twyfelaars wat Glo: ’n Nederlands-Afrikaanse tweegesprek (Willem van der Berg gesels met Hans Ester en Chris van der Merwe) om 15:00;
  • 30 September: They Called me Queer (Rea Mokone gesels met Kelly-Eve Koopman en Kim Wind­vogel) om 11:00 en Ons Japie (Arnold van Dyk praat met Ena Jansen) om 15:00.

Besoek vrystaatkunstefees.co.za vir inligting oor besprekings en kaartjies (R15 elk).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.