Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ete, vermaak geen wolhaarstorie

Groot vure, eg Suid-Afrikaanse geregte en gladde bekke wat jou maagspiere beslis sal uitdaag. Dít is wat Wolhaarstories op vanjaar se Vrystaat Kunstefees aanbied.

Wolhaarstories is ’n nuwe projek van Volksblad en beloof om net die regte resep te bied om ’n koue feesdag mee af te sluit.

Dit vervang De Vette Mossel op die fees en sal op die gebruiklike plek gehou word. As jy dalk twyfel waar, soek net die reuse-vleisbraaivure.

Niël du Bois, eienaar van De Vette Mossel, het sowat ’n jaar gelede aangekondig dat dié reisende seekosrestaurant voortaan nie meer aan feeste sal deelneem nie.

Jeannine van Zyl, hoofbestuurder van die Volksblad-groep, sê dit was vir Volksblad belangrikom steeds sy volgehoue steun aan die kunstefees te verleen. Daarom is mooi beplan om aan feesgangers ’n enigmatiese ervaring te bied, getrou aan Vrystaatse gasvryheid.

“Feesgangers het oor die jare heen De Vette Mossel leer ken as ’n plek van heerlike kos en samesyn. Dit is ook wat hulle van Wolhaarstories kan verwag.”

Wolhaarstories bied onder meer ’n spitbraai aan waar jy kan eet soveel as wat jy wil, terwyl gaskunstenaars soos Wicus van der Merwe (11 Julie), Pietman Geldenhuys (13 Julie) en Andries Vermeulen (14 Julie) die res sal doen met hul vlymskerp vertellings en musiek.

Op 12 Julie bied Wolhaarstories ’n ware OppieStoep-ervaring, soortgelyk aan die aanbod van die immergewilde TV-reeks.

Op elke aand se spyskaart is die voorgereg pap met varkkaiings, saam met uie-en-tamatiesmoor en boerbrood met botter en tuisgemaakte tamatiekonfyt.

Die hoofgereg is spitgebraaide lam, stampmielies met sous, ’n gebakte patatgereg, ’n spinasie-en-botterskorsiegereg en ’n mieliegereg. Vir nagereg word asynpoeding en ’n koppie boeretroos bedien. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Die deure open om 18:30 en die vertoning begin om 19:00.

Kaartjies kos R350 per persoon en sluit die vertoning en ete in. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.